• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Saam het ons

Started by Ans Botha, August 22, 2016, 10:39:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Woes het gesluit en baie interessant het ek hierdie gedig geskryf voor ek die negentiende Januarie hier by die werk uitgestap het na my oogspesialis toe. Net om vir almal totsiens te se. Min wetend dat ek vandag eers weer die moed het om te begin skryf.

Saam het ons

saam het ons gekuier
saam het ons gelag
saam het ons gehuil
saam het ons gebid

saam het ons hande gevat
saam het ons in stilte geluister
saam het ons raad gegee
saam het ons raad aanvaar

saam het ons nog een verwelkom
saam het ons 'n tuiste geskep
saam het ons 'n groot familie geword
saam het ons gegroei

saam moet ons nou hande los
saam moet elkeen sy eie rigting kies
saam moet ons aanvaar die einde het gekom
saam moet ons mekaar nou vaarwel toewens

©ANS BOTHA


Meraai vannie Baai

Daar was soveel gedeel... jy het dit pragtig saamgevat Ans  :icon_salut:

Ans Botha

Ek het net gedink hier is soveel van Woes af ek moes dit deel. dankie vir jou kommentaar Meraai.