Limerieke bestaan uit vyf reels, Rym is AABBA
Eerste reel verwys na persoon en bestaan uit 8 lettergrepe
Tweede reel vertel meer van persoon en rym met eerste reel. Ook 8 lettergrepe
Derde en vierde reel rym, 5 lettergrepe elk en beskryf humoristiese situasie
Vyfde reel rym met eerste reel, 8 lettergrepe en rond limiriek af.
Voorbeelde:
FeeverhaalKoningin Cleopatera
Ook maar skaam toe die prins haar dra
Eers wou sy niks weet
Toe kry sy hom beet
So die prins moes maar ouers vra.
Man van GibraltarDaar was ‘n man van Gibraltar
Sy vrou was groot soos ‘n altar
Toe hy wil offer
Pak sy sy koffer
En jaag hom trug na Gibraltar
GatiepGatiep soek ‘n stuk innie Kaap
Sy moet bak en kook in haar slaap
Hy vra vi Meraai
Ma Meraai sê naai
Snags sal djy mos my stofie skraap
Kerrie KoekieDie meisie kom van Durban af
Haar kerrie sal jou keelgat straf
Trou ‘n boere ou
Die sê magtag vrou
Voer jy my na ’n vroee graf?