• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gesteekte advokadopere

Started by PM, October 28, 2013, 10:49:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Help asseblief.

Ons het 'n advokadopeerboom wat masief groot is en altyd heerlike vrugte dra.  Hierdie jaar vind ons dat iets die vrugte gesteek het en daar broei larwes uit.  Ek sou baie graag wou weet wat dit is wat die vrugte steek en wat kan 'n mens gebruik om die boom mee te spuit en ook watter tyd van die jaar. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

 :read2:  Dit lyk tog asof niemand hier iets weet van avos nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek weet dis lekker maar van gesteekte pere weet ek nie veel nie.
Weggesteekte pere... nou daarvan kan ek jou 'n ding of twee vertel.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi


Meraai vannie Baai

Die volgende opgespoor gekry:
Vrugtevlieë
Hierdie plaag het eers onlangs van
groter ekonomiese belang by avokado's
geword. Wanneer vrugte voordat hulle
ryp is, gepluk word, bereik die larwes
nooit volwassenheid nie. Die vrugte bly
nogtans lank aan die boom hang soos
in die huistuin en vrugtevlieë kan soms
die volwasse stadium bereik.

Simptome

Die Natalse vrugtevlieg val sowel jong as ouer vrugte aan.
Die vlieg lê eiers net onder die skiloppervlak.
Wanneer die vrugte gholfbalgrootte bereik, verskyn die steekmerk
as 'n ligte prik omring deur wit poeieragtige uitloopsel. Namate die
vrug ontwikkel, droog die letsel uit en kenmerkende stervormige
barste verskyn in die skiloppervlak.

Wanneer die oppervlakkige skil rondom die letsel met 'n sakmes
verwyder word, kom die onderliggende weefsel gekneus voor en by
verdere ontleding waar 'n 10 x handlens gebruik word, behoort
langwerpige wit eiers, ongeveer 0,5 tot 1 mm in lengte, in groepe
waarneembaar te wees.

Die klein aantal natuurlike vyande van vrugtevlieë kan nie die probleem
doeltreffend beheer nie. Daar is twee beheermetodes, naamlik:

Die Natalse vrugtevlieg besmet ook ander gasheerplante soos die
luisboom, brame en wilde koejawels wat dikwels 'n aansienlike
gedeelte van die inheemse plantegroei rondom avokadoboorde
uitmaak. Hierdie plante moet 200 mm bokant die grond afgekap word.

'n Geskikte onkruiddoder moet toegedien word sodra die plante weer
uitgegroei het tot ongeveer 0,5 m.

Die gebruik van 'n giflokaas om die vlieë te lok, behoort oorweeg te
word indien die skade 5 % oorskry. Die chemikalieë wat in hierdie
proses gebruik word, is egter nadelig vir die parasitoïed:predator
balans in die boorde.

Bron: http://www.arc.agric.za/arc-itsc/Leaflets%20Library/Verbouing%20van%20Avokado's.pdf

PM

Daar het jy dit, uit die perd se bek!
Dankie Raaitjie.  Ek weet nou nie eers hoe dit met die avoboom gaan nie.  Ons het die huis verhuur en die huurders kla nie.  Op Leeupoort het ek nou 'n paar nuwe avoboompies geplant.  Dalk sal ek 'n vruggie sien voor ek die pad vat langbome toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal duimsvahou jy beleef die voorreg om dit te aanskou matertjie  :toothy4:

PM

Ek verstaan daar moet 'n mannetjies- en 'n wyfiesboom wees om vrugte te dra.  Hoop maar ek het een van elke geslag! 
Om te weet is om te verstaan.