Author Topic: In die huis van 'n dowe ...  (Read 1280 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
In die huis van 'n dowe ...
« on: November 18, 2015, 04:46:32 PM »
Diep in die na-nag girts-girts 'n pen op papier. Die ou vrou se gedagtes vloei deur haar vingers na die ink van haar pen, blerts die woorde hard-sag op lyntjies papier.

'n Verdagte geluid laat die pen in haar hand verskrik tot stiltand ruk.

Inbreker?

Sy stamp aan die ou man.

"Ek hoor iets."

Die ou man steun as hy omdraai.

"Huh? Uhh" hy smak sy lippe 'n paar keer, strek en rek terwyl hy hardop onderlangs knorrend uiting gee aan die lekkerte van die strekkery.

"Sjoes! Luister! Daar's dit weer." fluister die ou vrou 'n dringendheid in haar stem.

"Uhh. Ek luister." antwoord die ou man en snork nog harder, happenda na muskiete as voor sy hom wakker gemaak het.

Die ou vrou onthou haar man is doof en slaap die slaap van die dooies.

"Word wakker! Ek hoor iemand in die huis!" haar stem vol paniek, haar lippe naby sy oor.

"Ek is wakker, dis die wind wat jy hoor." en hy snork verder.

"Watter wind?" vra sy oorbluf maar die ou man is lankal weer in droomland.

Moedeloosheid en vrees laat haar moermeter klim. Sy besluit om stil te bly, te luister, gereed om die alarm se paniek knoppie te druk.

Na 'n rukkie snork hy homself wakker, draai weer na haar.

"Wat moet ek hoor?" vra hy dieselfde tyd wat hulle swartkat met 'n yslike rot in sy bek hom op hulle bed se voetenent tuismaak.

"%&@£$¤ NIKS!" ontplof die ou vrou se ingehoue vrees in die ou man se oor.

Die kamer se plafon lig homself van die kroonlys tot styf teen die dakkappe van skrik.

"Oooh" sê die ou man. Hy snork saggies terwyl hy omdraai en verder slaap.

Ligdag sluit die ou vrou hul woonstel se deur oop. Daar is twee paar vreemde voetspore in die sand .


©Orange Blue



©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie

Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In die huis van 'n dowe ...
« Reply #1 on: November 19, 2015, 10:32:32 AM »
My Afrikaanse juffrou sou vir jou voetnota gelaat het: Jy KAN skryf!

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: In die huis van 'n dowe ...
« Reply #2 on: November 23, 2015, 03:54:39 AM »
Dankie Meraai, jammer ek kom nou eers antwoord. Jy laat my bloos.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In die huis van 'n dowe ...
« Reply #3 on: December 09, 2015, 08:32:36 PM »
Ek het lekker gelees, dankie vir die deel.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: In die huis van 'n dowe ...
« Reply #4 on: December 09, 2015, 10:17:44 PM »
 :toothy4:
Upington is nie vir sissies nie.