Ek beleef op net EEN dag, vandag, die volgende:
Twee FB vriende vertel wat hulle vir ander gedoen het, sommer net omdat hulle kon. Meneer No 1 het gister, terwyl sy buurman by die werk is, gery en rolle pyp en wat ookal nodig was, gekoop en 'n besproeiing-stelsel in die buurman se tuin aangebring. Toe die buurman na werk by die huis kom, spuit die watertjies te lekker op die tuin. Hy kon net stotter oor die daad van 'n buurman.
Meneer No 2 het honderde $ spandeer om biltong en Mrs Balls en alle lekkernye vir sy kleinkinders in Kanada te koop en vir hulle gestuur sodat hulle 'n bietjie kan smaak van SA waar hul Oupa gewoon en gewerk het voordat hy na Amerika ge-emigreer het. Dit het hom min geskeel dat hy $390 net vir die versending daarvan moes betaal. Hy mis hulle baie.
Meneer No 3, en dit is my baas, het vandag 'n produk aan 'n pasient geskenk omdat sy dit nodig het en hulle, as pensioenarisse, dit nie kon bekostig nie. Die produk kos R990.00. En nog is dit het einde niet. Hy verminder die prys van nog 'n pasient se voorskrif met R500 omdat hy dit nodig het en sy mediese fonds uitgeput is.
En dit is die tendens in daardie praktyk. Hulp aan die wat dit nodig het.
En dit alles op net EEN dag.
Pappa het gese, en hy is al 45jr gelede dood: Gee, tot jy seerkry. Menende dat jy nie jou hand moet toehou as jou naaste in nood is nie, al gaan jy dit aan jou sak voel.
En dit bly by my. Altyd. 'n Oop hand is 'n vol hand. Sowaar.