• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My hare val uit!

Started by PM, January 24, 2018, 03:32:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Na al die gemors pille wat ek gedrink het val my hare uit by die bolle!  Wie kan help asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM matertjie ek het innige simpatie met jou. Het dieselfde probleem diekant van die aardbol en stem saam met jou - newe effek van al die gebottelde, geboksde gedoentes wat ons getrou moet sluk. Raad het ekke nie want alles wat my sus met haar lieflike boskaas gebruik laat my longe toi-toi. So ek het maar die knipper en spieel gegryp en gehelp minder maak  :icon_biggrin:

PM

Ai matertjie, ek voel saam met jou. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Toe ek 'n kind was moes ek gereeld klapperolie aan my hare en kopvel smeer.  Jy maak dit dan toe met 'n plastieksak en na 'n uur of wat kan jy dit uitwas. Met die probleem wat ek nou het, met my hare wat sulke klosse uitval, het ek terug gekeer na die oumens raat van klapperolie.  Ek het "virgin oil, cold pressed" gebruik en goed ingesmeer.  Vir die laaste drie dae het ek nog nie weer 'n klos hare verloor nie.  Ek sal dit nou weer twee keer per week doen.  Ek plak 'n paar goedjies wat ek op internet raak gelees het.  Geniet!Coconut oil, being a triglyceride of lauric acid (principal fatty acid), has a high affinity for hair proteins and, because of its low molecular weight and straight linear chain, is able to penetrate inside the hair shaft.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek onthou daardie klapperolie raad baie goed. My sus gebruik dit ook nog steeds saam met hele paar ander doepas. Kos haar 'n fortuin maar die pragtige bos hare van haar span werklik waar die 'kroon' So bly dit help nou weer vir jou PM! :notworthy: :hello2:

PM

Wanneer ek dit aan my hare smeer, vryf ek dit sommer in my naels in.  Dit help regtig!
Om te weet is om te verstaan.