• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wense

Started by Naas, September 14, 2015, 03:50:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

n die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
hang die ryp soos koue winterkerse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

My wense vloei soos maalkolkstrome
en word vasgevang met woordeverse
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome.

Ek wil hulle graag toedraai in die warm some
en koester in geesteskomberse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Maar hoe verduidelik ek my wense aan die vrome?
Hoe hang ek dit oop saam met ysig kerse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome?

Begeertes, wense weggesteek tussen die flenter some
in die vlegsels van verwoede verse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Weggespoel en afgevoer in die afloop van winterstrome
bly net die flenters van die verse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Ek onthou hierdie pragtige gedig van jou Naas.  As ek dit nie mis het nie is dit die een wat ek aan Trappies "toegedig" het. 

Dit bly 'n meesterstuk!
Om te weet is om te verstaan.