• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

liggaamspyn, sielspyn

Started by Jeannedarc, June 04, 2013, 02:25:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Witwarm, 'n skroeiend lans
Steek en skeur die pyn
Deur my liggaam, wese, siel
Het die embrio van kanker
Gebore geraak en witligsnel
Omvorm tot die Swart Ridder
En sy vlymskerpgloeiend lans

in daardie uur waar die ondood loop
Staan daar in die donker skadu
Van my slaapkamer, effe verskuil
Die Grimmige Gryper en sy sens
Sy donkerswart hoofbedekking
Sê in negatiewe swaai
Dis nog nie tyd om te oes
Is daar 'n sweem van deernis te bespeur?

Wanneer ek dan skalkies loer
Na my dogter, ongesiens
Dan skok dit deur my wese
Dat die Swart Ridder diabolies poog
Om die moeder-dogter lewensband
Te roof en voor ons neuse weg te raap

Skerp en fel steek sy lans
Deur my liggaam, my siel
Die pyn 'n nagmerrie werklikheid
Wat sy kleim soos wafferse delwer
Uitmerk, afsteek, opeis
En die beker voor my lip
Loop oor en bitter soos gal

O God, hoeveel langer sal ek
Dan hierdie erge uur verduur?
Hoekom ek, O God!
Wanneer O God, gaan U dan
Op U witfosperd en splinternuwe saal
Aangalop om my te haal

PM

Pragtig geskryf Natalie.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is uitstekend, ek stem!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Thank you All. I wrote this for someone who was dying of cancer and who has subsequently crossed the river Styx

PM

Jammer om dit te hoor Natalie. 
Om te weet is om te verstaan.