• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uitsettingsbevel

Started by PM, August 14, 2015, 12:55:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier sit ons nou weer met huurders wat nog nooit niks betaal het nie.  Agt maande en geen deposito nie.
Moet ek nou werklik weer my kop in skaamte laat sak omdat ek weer 'n keer jammer was en geglo het in my medemens?
Natuurlik kry ek hulle nou nie uit die huis uit nie.  Sê die "prokkerower" vir my dat ek nie juis 'n kans staan in die hof nie, want daar is twee kinders in die huis.  Dit kan nog ses maande duur as ek gelukkig is. 
Hoe nou gemaak?

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Stom geskok met geen antwoord op hierdie helse penarie waarin julle weer bevind word mater :dontknow:

Naas

Ontvoer die kinders. Ek is seker daarvan hulle gaan beter af wees in jou hande.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dan sluit hulle waaragtagwaar vir my toe en gooi die sleutels weg en skiet my kos met 'n kettie in!

Ai man, ek is so moedeloos!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Fransi!  :hello2:  Bly jy het 'n draai kom maak matertjie.  Dit was vir lank so stil en nou lyk dit of daar
weer oplewing is.   :headbang:

Ek tel aanhoudend die ander seëninge dan hou dit my aan die gang. 

Indoktrenasie is 'n lelike ding.  Van kleins af word dit vir ons ingeprent dat ons moet help waar ons kan.  Nou help jy jouself van die wal af in die sloot!  Die ergste van alles is dat ons ons kinders ook so grootmaak.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ja, dit is nie 'n lekker situasie nie.

Dit is heerlik om weer met julle te kan gesels.  :love7:

PM

Huur Behuising Tribunaal het 'n brief aan ons geskryf dat ons die man dreig en hom baie min tyd gee om die eiendom te verlaat!  Hoe lank is ses maande?  Ons het twee maande gelede vir hom 'n brief laat aflewer waarin ons hom sewe dae kans gee om die uitstaande huurgeld te betaal of die eiendom te verlaat. 

Ons was tien dae gelede by 'n prokureur en die het aanbeveel dat ons eerder probeer om hom "vrywilliglik" te laat trek.  Ons het onderneem om al sestigduisend rand wat hy ons skuld af te skryf as hy trek. 
More skryf ons hom aan en dagvaar hom vir die uitstaande skuld. 

Hy kan so bly wees ons behoort nie aan die mafia nie!  :mumum:
Om te weet is om te verstaan.