Nie as jy in Leeupoort woon nie Matertjie. Ons is een vet familie en ons is almal baie bedagsaam. Ons groet mekaar as ons by mekaar verby ry. Soms trek ons sommer net daar af en ons kuier 'n hond uit 'n bos uit tot ons dors word, dan land ons by iemand (myne of joune) se huis op en ons kuier tot dagbreek!
Die lug is skoon. Geen geblaf van niemand se brak nie, want brakke word nie toegelaat nie.
Ons speel nie radio of musiek of wat-ook-al so luid dat dit die ander inwonder ( net so 2 plus 2 meter) van jou eiendom af pla nie. Geen trokke wat jaag of sirenes wat blêr nie. Ons grootste frustrasie is die koedoe wat jou twee-meter-diameter-takbokvaring kom vreet omdat dit droog en dor is en daar nie ander kos vir hom/haar is nie. Dit moes jy geweet het voor jy hier ingetrek het, so, dit is jou probleem! Gelukkig het die eerste reën geval en ons weet almal dat binne die volgende twee weke daar kos vir die diere sal wees. Ons weet dat ons nog net so 20 koolkoppe, twee groot sakke wortels, twee groot sakke patats, twee groot sakke aartappels, twintig sakke lemoene, 10 bale lusern en so 80 kilogram bokkos moet koop voordat moeder natuur weer vir haar eie kinders kan sorg! Waar wil jy nou meer nodig voel as hier? Hier red jy 'n paar lewens elke dag!
Ek seg nog steeds! Hier is 'n deur oop as jy nodig het om 'n bietjie te ontspan. Dinsdag en Donderdag speel ons jukskei. Maandag is dit veerpyltjies. Vrydag speel ons kaart. Saterdag hou ons 'n "verkope-dag" om liggaam en siel aan mekaar te hou. Wat wil jy nou meer?