• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Muskiete-Jag Deur AD Keet

Started by PM, June 18, 2011, 11:40:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Muskiete-Jag

Jou vabond, wag, ik zal jou krij,
Van jou sal net 'n bloedkol blij
Hier op mij kamermure.
Deur jouw vervloekte gonserij,
Deur jouw gebijt en plagerij
Kan ik nie slaap vir ure.

Mag ik mij voorstel, eer ons skei,
Eer jij die doodslag van mij krij -
Mij naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook niet so kieskeurig nie,
Jij moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laatste aria,
Nog één minuut vir grasie.
Al soebat jij nou nòg so lang,
Al sê jij ook: ik is nie bang,
Nooit sien jij weer jou nasie...

Hoe sedig sit hij, o, die kreng!
Sij kinders kan maar kranse breng,
Noù gaan die vabond sterwe...
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hij weer!
Maar dòòd sal hij, sowaar, ik sweer -
Mij naam is Van der Merwe!

door A.D. Keet
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin: Die een laat my elke keer lag.  :icon_biggrin:

adele

die oorspronklike! kyk van waar af al kom vd merwe gesegdes...

:grommit:
adéle  :grommit:

Edelsteentjie

Vat jy my nou terug na 1976 Afrikaans-Nederlands 202!

PM

Edelsteentjie,  praat jy nou hiervan?  "of de macht van de waanzin toen heel even gelijk was aan de waanzin van de macht" (202).
Om te weet is om te verstaan.