ierland 2015 # 5 giants causeway
Giants causeway is klomp vulkaniese klippe wat afgekoel het en almal op dieslefde manier gekraak het en lyk soos heuning koek se was.
Na ons by die tou brug was ry ons verder wes.
Op pad na Giants Causeway kry ons die bordjie
Ons kyk links en sien dit
Mens kan stap daarheen maar ons tyd is min want ons wil nog 'n 3 de plek ook besoek en die plekke raak besig soos die dag aanstap en die busse die toeriste bring
so lyk dit anderkant die pad
Ry to everder Giants Causeway toe. Die B&B se eienaar het vir my vertel dat om te parkeer by Giants C kos 9 pond. Hulle vra nie toegang nie maar vra parkeergeld en dan moet jy vir die shuttle betaal om jou af te ry en terug te bring as jy nie wil stap nie. Die stap kan lekker wees maar vreet weer tyd. Hy gee my toe 'n wenk en sê as jy by die hotel iets nuttig hoef jy nie te betaal nie, want jy gebruik die hotel se parkering om in die hotel in te gaan. Dan wys jy net die strokie dan is dit reg. Kom toe daar en gaan in en sien dis in elk geval middag en ons belsuit om pub lunch te eet. ons 2 se etes het vir ons 7 pond iets gekos, goedkoper as die 9 pond parkeer geld en ons moes in elk geval iewers eet. Dit help as mens vooraf met iemand kan praat wat die fyn detail ken.
Ek het nie fotos in die hotel geneem nie, dis 'n fancy plek en hier kom ek aan met kortbroek en sandale. Wil toe nie aandag trek met die kamera nie. Klaar geëet, ry met die shuttle af see toe. hier is paar kiekies van die omgewing by Giants Causeway.
hier op die linkerkant is die afgekoelde vulkaniese klippe wat sulke kolomme maak
Daar is 'n pragtige voet pad wat so na daai kop toe gaan, maar ons het nie daar gestap nie, weereens die tyd, ons kan nie te lank in Noord Ierland bly nie want die ponde raak op en ponde is duur. Vir B&B in noord Ierland bataal ons 70 pond per nag en in Ierland tussen 70 en 79 Euro. Ons begin toe Ierland se kant toe werk en kan nie te lank in noord ierland spandeer nie. noord ierland is baie pragtig en baie om te sien en doen.....maar duur. gelukkig hoef ons nie daar diesel in te gooi nie, kar kan ver ry op 1 tenk.
die foto is nie skeef nie, die kolomme staan skeef
gewonder of ek nie weer my baard moet laat groei nie
kyk daar onder in die middel is 'n groot rots wat lyk soos die reus se skoen
Van hier het ons na Bushmills toe gery. Daar is 'n Whiskey stokery wat ons besoek het. Mag nie fotos neem nie want hulle is bang vir 'n vonk wat die alkohol dampe kan laat vlam vat, toe los ek maar my kamera in die motorkar. Die stokery is in 1608 begin en steeds sterk aan die gang. Toe ek die kaartjies koop om in te gaan vra die man agter die toonbank van waar is ek en toe hy hoor seg hy: You are at the wrong place, we don't have Klippies and Coke here. Vra ek hoe ken hy idt, seg hy dat hy al paar keer vir sy broer in RSA gaan kuier het. Raak toe lekker aan die gesels daar met hom. Toe hy seg ek mag nie fotos neem nie gaan sit ek die kamera in die kar en neem vir hom 'n 50 ml KWV 10 jaar. Ek het 24 sulke botteltjies saam geneem om vir iemand te gee wat ek raakloop langs pad en dink hy mag een kry. Toe gee hy my 4 x 50ml van hulle whiskey. MOet dit nog proe.
( nou gou eers 'n glas van my eie brousel rooiwyn gaan skink, sjoe die goed is heerlik) Ek het die week wat verby is my etiket laat goedkeur deur SAWIS. So lyk dit: weet nog nie watter een ek gaan gebruik nie, sal nog besluit. ek hoop die fotos van die etiket kom deur...