• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hartlik welkom Anastasia.

Started by PM, June 16, 2015, 01:12:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit was 'n groot verrassing toe ek vanoggend uiteindelik opvangs het en ek sien jou briefie om aan te sluit.  Baie welkom en ek hoop van harte jy sal baie gelukkig hier wees en saam kuier en gedigte plaas.  Hier by die "Afrikaanse" forum kan jy ook Engelse gedigte plaas. 
Hartlik welkom!
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Baie dankie.  Ek is skoon vreemd vir al die maniertjies en plekkies van die forum, alhoewel dit steeds dieselfde is.  Was so lank sedert ek op 'n forum was.  Baie dankie vir die welkom laat voel, ek het op 'n ander plek ook gaan spoeg en plak, hoop dit was nie op 'n verbode plek nie.  Ek het baie gedigte om te deel, en baie gesels wat wil uitborrel.   :hello:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

 :hello2: Welkom, welkom welkom. Ek is altyd honger vir geselsskap  :notworthy:

Naas

Bring daai gedigte. Ons wag in spanning. PM sukkel bietjie met haar ontvangs maar ek is seker sy sal vir jou 'n plekkie maak daar waar ons almal so saam ons eie dinge doen.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Anastasia

Dankiejulle.  Ek is besig met 'n uitgewer om my bundel "Verse in Aanhouding" persklaar te kry, maar ek mag lusmakers plaas.  Sal graag as my plekkie geskep is.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Tot tyd en wyl my eie skryfplekkie gevestig is, deel ek graag die een gedig sommer hier.  Hoop julle vind dit reg so?

Vakuum

Ek is teenwoordig
In my afwesigheid.

Môre se môres
Het verdwaal is die glipstrome
Van gister se gisters.

Uurwyser
Almanak

En ek-
'n Randfiguur
Stille getuie
Dat ek
Eens was ...
Steeds is?

Vasgevang in 'n vakuum.

© Anastasia Bester 19 November 2011
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Aai vriendin, so min woorde se soveel en deel soveel gevoel. My eerste ervaring/taksering van 'n gedig is wanneer dit my dwing om weer te lees om beter te verstaan. Hierdie een sal ek weer en weer lees want daar is soveel gese wat verstaan uitlok...
Pragtig meisiekind. Jy mag maar.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Dankie, Naas - tyd verander niks wat belangrik is nie.  Jou opinie is steeds vir my van groot waarde.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Oeps!  Ek vra groot verskoning.  Gaan sommer nou dadelik vir jou 'n plekkie skep.
Hier is ons baie gemaklik.  As jy iets op 'n plek plaas waar jy gemaklik voel is dit goed met ons.
Jy kan gerus hierdie pragtige werkstuk in jou eie plekkie ook plaas. 
Een van die dae sal ek 'n poskantoorlyn kry en dan  is ek weer op die lug. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Mag ek ook bedel (weer  :icon_bigsmurf:) vir so plekkie sebliefie PM?

PM

Skuus Nonnatjie, jou plekkie is reeds geskep.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai