• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Viskoekie-muffins

Started by adele, December 06, 2017, 05:37:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek weet nie of sardyne hier inpas nie, maar kry nie ander plek nie  :toothy4: 

Ek moes self 'n reseppie saamslaan ...

Viskoekies

Toe was ek nie lus vir lank voor die pan staan nie.
Ek bak nie graag muffins nie, maar besluit toe vanaand moet dit werk.

Ek het geen margarine/olie by die deeg gevoeg nie, maar elke muffin-holte van my pan dik met margarien gesmeer

Bestanddele

1 blik sardyne in tamatiesous, fyngemaak
2 eiers in die blik gebreek
Blik verder gevul met melk tot ¾ vol
Klits goed met vurk en meng met vis

Meng ook by:

1 k koekmeel/glutenvrye meel en 2 e mielieblom
2 t bakpoeier plus (opsioneel) 2 t asyn en 1/2 t koeksoda
½ t sout en speserye na smaak
Klein ui gerasper of fyn gesny

Skep in muffinholtes van pan tot ¾ vol
Bak +/- 20 – 30 minute by 160 tot 180 grade, afhangend van hoe warm jou oond raak. Liewer effe kouer as te warm.

Bedien met margarine en kaassmeer daarop.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ekke gaan die ene beslis probeer Adele!

PM

Dit klink heerlik.  Dankie vir die deel Adele. 
Om te weet is om te verstaan.