• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ou Mens

Started by Jeannedarc, August 15, 2015, 09:00:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc


Ek dink aan die geboorte
Ekdink ook dat onse lewenswee
Alreeds bepaal, uitgelê
Toe ons nog maar 'n blote
Vonkel in die oog

Ek dink dat 'n geboorte
Plaasgevind in armoed, oorvloed
Ook grotendeels kan voorspel
Die infans se lewensfasette
Van kindwees tot ou mens

Ek dink daaraan
Dat 'n hoenderskropbestaan
Om die krummels vallend
Van die rykmanstafel
'n allerverskriklike veg om lewe is

Ek dink daaraan
Dat 'n hoenderskropbestaan
'n kind so koester
En daardie kind speen
Tot eie hoenderskropbestaan

Ek dink daaraan
Dat die kommer, lewensvrees
Van 'n ouer in armoede
'n skouer kromdruk met sy juk
En plooie van sukkel om die oë

En ek sien
Male sonder tal
Ons as mens doen
Omgekeerd nes die voël
Skop ons oues uit ons nessie uit

In tehuise vir oues van dae
Ingestop in kubusgaatjie drie by drie
Ontneem, gestroop van besitting
Waardevol in herinnering
Onder voorwendsel spasie is daar nie

En ek sien met weëmoed
Dat al wat bly
Vir die hoenderskrop ou mens
Is die staar in die niet
Vanuit sielevensters vol van niks

Dit is tragies
Dat Jy! Ou Mens
Beroof van siel, waardigheid
In die winter van jou lewe
Steeds 'n hoenderskrop bestaan sal voer


PM

So waar en so hartseer, maar so mooi beskryf Natalie.

Ek dink "oumens" sou beter werk. 

Skop ons oues uit ons nessie uit  Sou dit nie beter wees om "nessies" te gebruik aangesien jy in die meervoud praat nie?

Toe ons nog maar 'n blote
Vonkel in die oog
  Iets kort vir my.
Om te weet is om te verstaan.