• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

BOTTER KARAMELKOEKIES

Started by Naas, July 20, 2015, 12:49:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

BOTTER KARAMELKOEKIES
(Lewer 3 dosyn)

125g Botter of margarine
1 Teelepel vanieljegeursel
½ Koppie (125ml) bruinsuiker
1 Eetlepel goue stroop
1¼ Koppies (300ml) bruismeel

Skakel oond aan teen 180º.
Voeg die botter, vanieljegeursel, suiker en goue stroop saam en meng tot alles romerig is.
Voeg die meel by die mengsel en meng tot dit 'n deeg vorm.
Rol balletjies met 'n teelepel en plaas op 'n botter gesmeerde bakplaat sowat 50mm van mekaar af.
Druk die balletjies plat met 'n vurk of lepel.
Bak vir sowat 10-15 min en laat in die bakplaat afkoel.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek weet hoe gaan ouma haar prinsessie besig hou  :toothy4: bak bak bak aan oupa Naas se resepte.