Author Topic: Ou foto's..  (Read 5209 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ou foto's..
« on: July 12, 2015, 05:09:04 AM »
So met die krap in Ma se goed vir oeroue resepte en dinge wat my onthou kan terugvoer na toeka, kom ek op foto's af wat ek nog nooit eens gesien het nie.
Daar is mense van vergange. Alreeds in die Hiernamaals. Ou Ooms en Tantes. Oupas en Oumas. 'n Kleinkind van Ma wat tragies gesterf het in 'n motorongeluk. Koerant-uitknipsels oor hoe Plett getreur het oor sy jong kinders wat nog hul lewens moes geleef het.
En ek huil. Ek HUIL! Ek huil oor herinneringe aan tye verby en dinge wat gedoen en gese is in liefde.  Ek huil oor dinge wat ongese en ongedoen is. Ek huil omdat ek nie my mense soveel meer geken en gesien het nie.
Maar ek was hier en hulle daar. En ons het geweet van mekaar, maar nooit meer gekuier nie.  Nooit meer stories vertel nie. Nooit meer rondom 'n tafel gesit het en saam gesmul en gelag en mekaar se (soms lieg-)stories gehoor het nie.  Laat my nou dink aan die Oom wat nooit ophou lag en stories opgedis het oor die grootste bokke en die vinnigste honde en die grootste haelgeweer wat 'n doodskoot kon skiet soos net daardie Oom dit kon skiet...  En dan het Pa en die ander Ooms net geluister en be-aam, want hulle WEET wat die toedrag van sake is. Hulle was dan DAAR.  En Tante het nooit gese:  'Maar jy lieg mos nou' nie.  Nee, sy het net saam gelag met sterretjies in die oe.
Daar is ou plaas-foto's. Daar is duidelike prentjies van boeties wat army toe gaan en terugkom. Prentjies van honde en bokke en luiperds wat gesneuwel het...
Skoolfoto's.  My geliefde Tante Judy aan Pa se kant. Ek hoor haar praat. En ek huil oor te min tyd met geliefdes.
Wat ek ook sien, is hoe ons groei, ouer word, wegval en nuwe afstammelinge bykom en die familie voortdra.
Ek kyk elkeen in die oe en ek groet nog 'n keer.  Eendag sal ons wel weer bymekaar wees.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ou foto's..
« Reply #1 on: July 12, 2015, 08:40:26 AM »
Ek stof deur die kiekies van vroeër se onthou,
adem die wegbêre reuke in.
Blaai deur die familie
vanaf gisters se jare tot nou.

Op die rakke van toeka se tyd
ontdek ek die tydlose boks.
Slotloos kraak die skatkis oop en
ek stof deur die kiekies van vroeër se onthou.

Die koerante se snyseldisse
vertel hulle eie verhale
en soos ek deur die kiekietye dwaal
adem ek die wegbêre reuke in.

Voorgesate reeds vergane
glimlag magenta-trots deur tyd.
Tot gister se eietydse kapperjolle
blaai ek deur die familie.

Ja, onthou se trane biggel
oor skatte onthou uit vêr verlede
soos ek blaai deur vergete kreukelkamers
vanaf gisters se jare tot nou.

Vanaf gisters se jare tot nou
blaai ek deur die famielie,
adem ek die wegbêre reuke in
stof ek deur die kiekies van vroeër se onthou.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: July 12, 2015, 08:44:08 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ou foto's..
« Reply #2 on: July 12, 2015, 10:14:07 AM »
Oe julle! Hierdie twee plasings vul mekaar so pragtig aan. Dit is huilmooi beskryf en ek hang aan die lyne en paragrawe :crybaby2: Diekant het ek vandag self deur kiekies van gister gedwaal en moes sluk aan die trane (klein kaboutertjie nog by ouma gewees terwyl sy gaaitjies soek in die pandok vir  jongste en sy gesinnetjie se aardse skatte terwyl hulle in Amerika gaan wees.)     

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ou foto's..
« Reply #3 on: July 12, 2015, 11:57:28 AM »
Wow, Naas...  dankie vir die plaas hiervan.
Dis regtig baie mooi geskryf.
elle