• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Seisoene sweep!

Started by Trapsoetjie, May 31, 2011, 11:27:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Seisoene sweep!

Gordyn water val voor my neer,
takke swaai heen en weer.
Grou grys val om my heen.

Bibber koue vou sy arms om my.
Bewerige blou lippe glimlag bly..
Soos die golwe haar nader roep

Wit perdjies ry die grys water,
ewe kordaat hul eie reisigers.
Vlammende oë loer na ewigheid.

Oop getrek na die roep van 'n applous.
'n Oorverdowende sluier word gelig,
skaam probeer ek weer my kop oplig

Nuwe dag wat vir my wag!
Het ek die nodige krag,
om die storms binne my te antwoord!

Naas

Ek hou van die een. Mooi werk my suutjiestrap vriendin.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit klink bibberend koud en nat daar binne matertjie.  Hier is soveel om aan te dink in jou gedig.  Dankie vir die deel daarvan. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Soos PM sê kry ek ook nou ewe skielik ekstra koud. Mooi geskryf.