• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gelukkige Vadersdag

Started by Anastasia, June 21, 2015, 10:29:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Ek wens al diepappas n gelukkige vadersdag toe.  Mag julle uit jul sokkies gebless en wanted voel vandag. :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Die pappas sal nog seker kom dankie seg en vertel wat hulle gedoen het.
Ons het ons vriende wat nie besoek van hul kinders gekry het nie genooi vir 'n heerlike middagete.
Almal het hulle kos gebring wat hul tog by die huis sou maak en ons het 'n fees gehad.
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Dis lekker.  Ons het vroeer jare altyd so gemaak op Sondae, algar maak hul kos en kuier saam by ons.  Was sulke goeie tye.  Hoe het julle van al die mooi plekke waar julle al gebly het toe nou op Leeupoort geeindig?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Hannes se suster het 'n huis hier gehad en toe ons hier kom kuier byt die gogga ons baie seer.
Met die diere wat tussen die huise rondloop, die stilte, geen troeteldiere wat jou uit die slaap hou nie,
sterre wat helder skyn, voƫls wat vollop is en nog, het ons besluit om 'n naweekhuisie hier te koop.
Dit het toe permanent geword, Hannes is mos mou met pensioen.  Wat wil ons in die stad doen? 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

JA, dis 'n mooie plek daardie.  Kan jy glo, my wederhelf tree ook einde April volgende jaar af.  Ons het in Februarie by die Natalse Suidkus by Leisurebaai naby Port Edward vakansie gaan hou (ons het maar meestal altyd daar vakansie gehou) en toe koop ons 'n erfie met 'n see uitsig, ons gaan ook as dit die Here se Wil is, daar aftree.  Beplan om een van hierdie hout log houses daar te bou.  Sien geweldig uit en beplan vreeslik.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Ons wou nie so ver gaan nie, maar nou is twee kinders met hulle families in NZ, gelukkig is ons oudste nog in Pta.

Die houthuise is pragtig en heerlik om in te bly.  Daar in Natal is dit ook nie so duur om te bou soos hier nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ja, en die erf was spotgoedkoop.  Toe my man die aanbod maak, het ek gedink hulle gaan lag en se ons is versukkeld.  Maar het dit dadelik aanvaar.  Ons aanbod was maar 40 persent van die koop prys.  Dink dit was maar so vir ons bestem.  Wat lekker is van die houthuise, dit bou so gou.  Ons wil nie lank wag en sukkel nie. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dit is 'n lekker ervaring om 'n nuwe projek aan te pak.  Ek weet sommer julle gaan dit baie geniet. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Geluk en geniet die beplanning! Diekant kom ons vadersdag nog oor paar weke.