Ag ou Stoffie! Dit was my grootste plesier! Dankie dat jy so rustig, sonder om aaklige aanmerkings te maak tussen die ratverwisselings en die koppelaar se gehom en geha en die uiters sensitiewe rempedaal, die rit mee gemaak het. Dankie dat jy die roete so rustig aangewys het: "Hou links, beweeg nou in die middelste baan, gaan nou heeltemal regs, by die volgende robot gaan ons nou regs draai," ens. Jy is 'n sterretjie op my horison. Ek moet net bysê,
ek het baie vinnig tuis gekom! Woerts warts, uit en tuis en by die huis!
PM se "giggelgeel" (gaan bars Stof!) karretjie het 'n naam gekry. Tweety! Dankie aan Leopatra wat vir Stoffie vertel het dat dit die naam van die verfkleur is waarin PM se kanarie gedoop is!
Stoffie, wat het jy nou weer kwyt geraak van blou plakkertjies met die naam "Tweety" vir PM se tjorrietjie? Ek is net so twee maande agter om inligting te prosseseer. As jy my soek, ek is op Mars! (Venus is vir verliefdes.
)
In my hele bleddie lewe sou ek self nooit kon glo dat ek so 'n kanarie geel tweety kleur kar vir myselwers sou kies nie!
Geel is my gunsteling kleur, maar dit is darem een te erg! MAAR vra maar vir Stof, dit is 'n 2006 model, 22,000 kilos op die klok, 'n volledige diensrekord en dit stink nog pure nuut! Miskien kan PM dalk net hier vir Hannes 'n lansie breek, 'n diep kniebuig maak en hartlik baie F-woord dankie sê! Weet tog net dat ek liewer vir jou is as vir vyekonfyt!
PM, daardie F-woord het jy seker by Leopatra geleer: "Freeslik" dankie.