Skryf gerus saam aan hierdie struktuur, dit is nogal 'n ondervinding. Begin net, die res sal inval.
Hierdie is ‘n gedigstruktuur wat deur Robert Keim ontwikkel is.
Dit word geskryf in kort frases wat vinnig gelees word. “Blitz” (Haal net vinnig asem tussen in)
Die struktuur bestaan uit ‘n titel van die gedig, bestaande uit drie woorde. Stel die titel saam uit die eerste woord van reël drie en die eerste woord van reël 47.
Daar is 48 kort reëls met die minimum van twee woorde per reël. Geen leestekens. Dan word die gedig met nog twee reëls afgeluit: Die laaste woord van reël 48 en die laaste woord van reël 47. (50 reëls in totaal.)
Voorbeeld
Titel: Wolke is natuur
Begin nou die gedig met ‘n kort frase.
1) Reën is hemels
Die volgende frase moet begin met die eerste woord van die eerste frase.
2) reën is dragtige wolke
Begin die derde en die vierde frase met die laaste woord van reël 2. (wolke)
3) wolke wat hang in die lug
4) wolke wat lewe gee
Die vyfde en sesde frase begin met die laaste woord van reël 4, en so volg ‘n mens die patroon van herhaling tot by reël 48.
5) gee skoonheid
6) gee krag
7) krag vir verstand
8) krag vir die dag
9) dag om te werk
10) dag om te speel
11) speel vir vreugde
12) speel vir die siel
13) siel is gevoed
14) siel is vol
15) vol van blydskap
16) vol van vreugde
17) vreugde vir mens
18) vreugde op aarde
19) aarde van storms
20) aarde van oorloë
21) oorloë is sleg
22) oorloë is wreed
23) wreed teen mens
24) wreed teen dier
25) dier so afhanklik
26) dier so vry
27) vry van plig
28) vry van sonde
29) sonde teen die mens
30) sonde teen God
31) God is goed
32) God is groot
33) groot van liefde
34) groot van genade
35) genade vir almal
36) genade vir alles
37) alles op aade
38) alles daar bo
39) bo ons verstand
40) bo ons denke
41) denke van vrede
42) denke van plesier
43) plesier van eet
44) plesier van drink
45) drink die liefde
46) drink die natuur
47) natuur is wonderlik
48) natuur is salig
49) salig… (laaste woord van reël 48)
50) wonderlik… (laaste woord van reël 47)