• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Konveksie-oond...

Started by Angelica, February 23, 2014, 07:16:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek het 'n stoof met 'n oond.  Die gewone stoof met 'n oond.
Maar omdat ek arm en spaarsamig leef, gebruik ek nooit my oond nie. Blameer Eskom daaroor.
Ek verhuur dit uit aan 'n kolonie kokkerotte, maar het nog geen rent ontvang nie.   :evil6:
Ek wil 'n konveksie-oondjie aanskaf vir al die lekker bak resepte uit Mamma se oer resepte-boeke. 
Het iemand so 'n oondjie en werk dit presies net soos 'n gewone oond?  Verbruin dit ook geregte met die bakproses?
Wil nou ook nie 'n kontrepsie aanskaf en is teleurgesteld nie.
elle

Angelica

Mmmmm... lyk my nie enigiemand het 'n konveksie-oond nie.. :dontknow:
elle

Fransi


Meraai vannie Baai

Lees ek weer suutjies oor 'n gas se skouer. Ons het enetjie en ek dolverlief op hom. As hy die gees gee draai ek Outop se arm net daar vir ander ene. Ek maak amper alles in ons sin gaar. Geniet hom veral om disse te verbruin en ons kabouters glo die chippies wat uit hom kom, is beter as die Fillistyn se kafee op die hoek sin  :icon_biggrin:

PM

Ons het 'n ruk by oudste gaan kuier en besluit toe om vir hom so 'n konfeksie-oond te koop vir 'n dankie-sĂȘ geskenkie.  Sy ou mikrogolf is al so geroes dit lyk of dit iewers van 'n skrothoop af opgetel het.
Ons het bykans agteroor gefoeter toe ons sien wat die pryse is vir die nuwe tegnologie konfeksieoonde. 
Amper R12 000.  :icon_scratch:
Ons het maar 'n meer "besadige" oondjie gekoop wat seker maar dieselfde sal werk.
As jy 'n konfeksieoond aanskaf, maak seker dat dit 'n retosirie in het.  Die "gerolde" hoender wat daaruit kom is hemels, sag en sappig. 
Om te weet is om te verstaan.