• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Grasuie

Started by PM, September 07, 2012, 08:39:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek hoop grasuie is spring onions.  Help my gerus reg. 

Plaas 'n bossie in 'n glashouer met water.  So een keer per week kan jy die wortels onder lopende water afspoel en vars water byvoeg.
Sny die punte met 'n skêr af soos benodig. 

Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit is baie interessant. Dankie PM.

Meraai vannie Baai

En dit is sommer 'n pragtige natuurlike rangskikking ook. Groen kikker mens mos altoos op  :toothy4:

PM

Dit "ruik" ook lekker want dit laat 'n ou se kombuis "vars" lyk.  Ek wonder wat kan 'n mens nog so doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Sal bietjie gaan loer hoor!! Ons koswinkeltjie hierbo het gereeld kruie wat hulle gratis beskikbaar het. Elke klant neem so bossie. Ek is so lief om die pietersielie so in glasie naby die stoof te in 'n hoekie te plaas, dan is dit sommer lekker handig naby om stukkies af te breek vir gebruik.

PM

Ek plant graag patattas in 'n pot wat ek op 'n staander in my tuin plaas.  Dit maak lieflike ranke en hang tot op die grond. 
Vir die kinders het ek altyd die wortelkoppe afgesny en in 'n vlak bakkie water geplaas, vir hul eie "tuintjies".
Sal beslis ook die peterselie probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe ons lief patattas.  :icon_bigsmurf: Hoe plant mens dit? Is dit soos wortels en aartappels waar die vrug onder die grond is? Nie ek of Outop het idee nie. Ken net van pampoenpit in grond druk wat die wereld vol rank en jy oes vir maande en gee laters weg hehehe.

PM

Daar waar die patat 'n ogie maak, dit loop mos uit soos 'n aartappel, sny jy dit af met 'n redelike stukkie "vleis" van die patat, sit dit in die grond en bedek met nog 'n lagie grond.  Gee water en daar gaat jy.  So drie tot vier ogies in 'n 30cm pot in deursnee, sal die ding doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Atta patatta, hier kom ek en Outop. Maak spasie vir die ranke en potte  :sign10:  :notworthy:

PM

As die blare vergeel kan jy maar rond krap, daar sal 'n paar patattatjies wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lees ek nou weer hierdie raak en nou wil ek net patattas plant  :icon_biggrin: Ergens dink ek het ons gewese skoonseun se roompatatresep gedeel.  Verlede week juis weer vir 'n kooksel gemaak. Sny patat in skywe. Kook tot sag en druk fyn. Braai 'n ui en voeg by die patattas. Dan kom die lekkerte - voeg vars room by. Roer goed deur. Geur met sout en peper na smaak.  :`ip2:

PM

Man dit klink heerlik.  Ons kruiedokter "in die dorp" glo sterk aan geen aartappels maar patattas. Ek sal dit beslis maak.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.