• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maria

Started by Fransi, June 15, 2011, 05:46:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

'n Engel het dit self gebring,

die vreugde-boodskap – en jy het

'n lofsang tot Gods eer gesing,

Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei

en bure-agterdog jou pla,

het jy kon dink eenmaal sou hý

die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met 'n glimlag langs

jou liggaam stryk ... die stilte instaar ...

wis jy met hoeveel liefde en angs

sou hý sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen

om in jou nood by jou te staan –

het jy geweet dat hy alléén

Getsémané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom

om nederig hulde te betoon,

wis jy hoe die soldate hom

as koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,

sy mondjie teen jou volle bors,

het jy geweet dat hy sou sê,

toe dit te laat was: Ek het dors!

adele

met hierdie woorde het ek begin soek na eie gedagtes en self begin skryf, eeeue gelede. dit bly nog net so mooi soos toe.

:grommit:
adéle  :grommit:

Fransi

 :hello:

Hierdie was ook die eerste gedig wat my werklik besonders geraak het en die behoefte geskep het om ook so te kan skryf. Na haar het ek vir Ingrid Jonker en Antjie Krog ontdek wat as ongelooflike inspirasie gedien het.

PM

En nou kan julle dit doen!   :hello2: 

Dit is 'n pragtige gedig. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Dankie PM, ja, die gedig bly besonders veral as 'n mens in ag neem hoe oud sy was toe sy dit geskryf het.

adele

ekke het , snaaks genoeg, nog nooit veel van Ingrid se werke gelees nie, maar Antjie en Elizabeth was my inspirasie, tesame met Totius, Visser ens.....

:grommit:
adéle  :grommit:

Fransi

Ons moes in standerd vier oor 'n digter se lewe en gedigte praat en ek weet nie hoe ek by Ingrid Jonker uitgekom het nie, want my ma het nie van haar digbundels gehad nie, maar my mondeling het oor haar gegaan. Ek onthou hoe intens haar lewe en werke my geraak het.