• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Neem my

Started by Ans Botha, April 05, 2014, 07:18:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

neem my op
in jou kolon
vou my toe
in jou kegel

tel my op
hoog hoog
bo die aarde

neem my weg
oor berge en velde heen
tol met my oor
landskappe see
en vreemde lande

neem my
waar die stilte roep
bokkies en voëltjies
met mekaar kwispel

sit my neer
op die hoogste piek
waar net ek alleen
met die wind kan sing

©ANS BOTHA

Fransi


Ans Botha


PM

Baie mooi Ans.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie vriendin. Lekker om jou weer hier te sien,

PM

Dankie matertjie.  Ten einde laaste het ek my eie internet-toegang en dalkies mag dit nou beter gaan.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.