Author Topic: Hoe troos mens..?  (Read 6113 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Hoe troos mens..?
« on: April 12, 2014, 07:12:02 AM »
Dit was so ongeveer drie weke dat ons hierdie foon gesprek met my broer gehad het waarin hy vertel van die 'ding' onder sy arm wat so seer is, so pyn dat hy nie kan dink eens nie. Intussen is hy na 'n kliniek om die 'ding' te laat ondersoek en is 'n biopsie geneem en ontleed. Ons sou moes wag vir byna drie weke vir die identifikasie van hierdie indringermonstergedroggie wat so kom vassit het in Boete se kieliebak.
Intussen vul hierdie 'ding' my en Mamma se gedagtes en word ook middelpunt van bespreking oor aandetes en soms oor 'n teetjie...
Ek weet wat dit is, maar wil nie die 'ding' se naam se nie en miskien het ek gehoop ek is verkeerd.
Intussen gaan die lewe voort, vir almal, Boeta inkluis en ons vier intussen ook Mamma se 91ste.
Gisteraand kry ons die oproep waarop ons al heeldag wag:  'Dis 'n kankertjie....', se my Boet, maar ek hoor ook HOE hy dit se.
Nog toetse op Woensdag en dan die Prof op Donderdag.... en die groot besluit of die vasgryp van hierdie 'ding' se arms al te veel is of kan dit met mening uitgeroei word?
En skielik weet ons, die lewe kan ook soms stilstaan en soms ook sommer eenklaps ophou. Soms sonder waarskuwing en soms met waarskuwings wat ons ignoreer, want... die lewe gaan mos voort, daar is nie tyd vir doktersbesoeke nie.
Hoe troos ek 'n Ma wat deur soveel bekommernis en al die onsekerheid moet gaan?
Hoe staan jy sterk as jy self die enigste is in wie hierdie Boeta 'n vertroue het om die regte ding te doen?
Ek is so ver van hom af, kan nie eens 'n drukkie gee nie.
« Last Edit: April 12, 2014, 07:13:45 AM by Angelica »
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe troos mens..?
« Reply #1 on: April 12, 2014, 10:07:48 PM »
Ek weet presies hoe julle voel en wil dit nie my grootste vyand toewens nie.
Ek moes self drie maande wag omdat die Dr nie kans gesien het om ingrypende biopsies van kolle in my longe te doen nie. Drie maande oor kersfees met die besef, as dit kanker is is dit reeds te laat want kolle kom wyd verspreid voort. Dit is geestelike hel.
Sterkte my mensie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe troos mens..?
« Reply #2 on: April 13, 2014, 08:11:19 AM »
Sterkte!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Hoe troos mens..?
« Reply #3 on: April 13, 2014, 08:25:16 AM »
As julle ons op hoogte kan hou sal ek dit baie waardeer.  Ek hoop van harte dat dit verwyder kan word.

Daar is nie troos vir angs en spanning nie, dit is ongelukkig maar 'n bul wat 'n mens by die horings moet pak en daarmee worstel totdat dit verby is.  Mag julle genoeg krag en ondersteuning hê om daardeur te worstel. 

'n Ouer moenie 'n kind begrawe nie, dit hoort anders om.  Tog, uit die ouer se oog gesien, sal die ouer eerder die pyn en verdriet hanteer voordat hy/sy dit voor 'n kind se deur lê. 

Hartlik geluk met Ouma Els se verjaardag Els.  Wat 'n pragtige rype ouderdom! 
Mag sy vir julle nog baie vreugde bring!  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe troos mens..?
« Reply #4 on: April 13, 2014, 04:52:20 PM »
Dankie julle almal... :icon_salut:
Ons is almal op 'n gereedheidsgrondslag as iets nodig blyk te wees.
Ons is so wyd verspreid, maar die nader is bereid om persoonlike ondersteuning te gee met besoeke aan Dr's gedurende hierdie week.
Intussen gaan almal se lewens voort.
Mamma is nog sterk in die kop, lees ontsettend baie en 'n blokraaisel is sommer tjoef-tjaf klaar.
Ek kannie voorbly met tydskrifte en koop die Huisgenoot se blokraaiboek met 'n hele paar in.
Naweke moet ons pad vat winkels toe, salon toe, strate toe sodat ook die oe en ore 'n slag iets anders kan 'ervaar' as die woonstel.
Intussen het ek 'n rolstoel gekoop, Dr Comfort skoene en aanvullings om die heupe en kniee te versterk.
Die rolstoel, of haar 4x4, dan, het nog nie 'n kans gekry vir 'n toetslopie (of is die -rytjie?) nie, want 'dit lyk so sleg as 'n gesonde mens rondgestoot moet word'...
Nou ja, dan wag ons tot dit nodig is.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Hoe troos mens..?
« Reply #5 on: April 19, 2014, 01:21:42 PM »
Mag alles vir julle uitstekend uitdraai.
My mammie is op 'n skrale 56jaar oorlede.  Hoe dikwels wonder ek wat ons alles kon saam doen as sy
nog gelewe het.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.