• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oupa se raat teen aambeie

Started by Assie, December 20, 2015, 12:53:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Ja. Raat met 'n tee. Voor iemand weer 'n woordeboek nadertrek. Die meervoud is rate.
En dit werk:

Na elke stoelgang, was mooi skoon en smeer goed in met sout.
So drie dae later is die goed so dors, wanneer jy gaan sit spring dit af in die bak om water te drink. As dit gebeur, spring jy op en spoel jou probleme in die drein af.
Ha, Ha. Het julle.


:mumum:

Naas

Assie... Assie... Assie. PM gaan jou en Oupa wegjaag van die forum af.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Mog ek nooit aambeierig worre nie. Vir die ritueel is ek nie opgewasse nie  :icon_biggrin:

PM

PM het haar eie raat met 'n tee.   :toothy4:
Sodra die ding uithang, dan vat jy 'n vuurhoutjie en brand dit tot dit terug spring.
Nou klop jy op die vuurhoutjiedosie.
As dit weer sou waag om uit te hang, dan klop jy net op die vuurhoutjiedosie dan spring dit vanself weer terug.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.