Author Topic: twee maande het my verbygegaan  (Read 3732 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
twee maande het my verbygegaan
« on: November 04, 2013, 06:17:57 PM »
twee maande het my verbygegaan,
twee maande in lente-ure van verlang
wat blom in rosekleur en angelier

ek buk gereeld en tel my op
waar ek in stukkies en flenters
elke dag om myself versplinter

kon ek my maar in kleurespel,
soos die diederikkie toedraai
en dee-dee-deederik rondvlieg

of saam met rooivlerkspreeus,
sonder kommer of smart,
glansend sonvlug oor veld en vlei …

maar nou is ek net mensekind,
jou jy van myne weggeskeur
my eie, binne my, rou gekerf

tog, as ek myself kon mosaïek
sou ek die treur uit my trane skep
en oraloor hartsvreugde terug weerkaats


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: twee maande het my verbygegaan
« Reply #1 on: November 05, 2013, 07:10:04 AM »
Aangrypend, hartverskeurend, tog met hoop geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: twee maande het my verbygegaan
« Reply #2 on: November 07, 2013, 08:41:22 AM »
Inderdaad.  Pragtig geskryf Adéle.  Jy is steeds daagliks in my onthou.
Om te weet is om te verstaan.