• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

die wraak van Antarktika

Started by adele, July 08, 2014, 07:34:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ek het vanmiddag die oorsprong van die koue gaan soek, mense, hier kon my honde teen 11.30 nog nie water drink nie, toe gaan gooi ek kookwater op die ys in hulle bak. Die temp was toe net 4 grade C

die wraak van Antarktika,
hoogmoedig in sy skoonheid
tot yswoestyn gedoem

laat die suidpool
in die duister ontwaak
om soekend na die son
sy hande te wring
uit sy dieptes te sug
en sy asem oor
die oseaan te blaas

woedend golwe opjaag
om in stormdrang mekaar
teen rotse te verpletter

nog nie tevrede nie
stuur hy sy yspoolwinde
om van oraloor
wolkformasies aan te jaag
tot hulle swaar en uitgeput
oor bergpiekkranse
en in diep dale rusplek soek

met nuwe koue opgewek
spoed 'n suidewind
uit sy wegspringblokke
om sonder hart en siel
gevoelloos alle grasvlaktes
en heuwels met swartryp te dood
adéle  :grommit:

PM

Toe ek vandag op "show all unread topics" druk, skrik ek myself in 'n ander dimensie in toe ek sien hoeveel ongeleesde items ek in my kassie het.  Dit is onvergeeflik, maar ek wend nou 'n poging aan om op datum te kom.  Skuus tog daarvoor.

Dit is werklik 'n pragstuk Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

dankie lief Petrta ... ons wonder al wat hierdie jaar gaan bring ....
adéle  :grommit:

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.