• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vroue Monument

Started by Ans Botha, October 22, 2013, 06:03:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

uit koue blou grys graniet
is jy gevorm tot vrou
met oë wat oor vlaktes staar
met slap kind op jou skoot

geveg vir volk en vaderland
jou stem verhef teen vyand
met geweld jou verset
vir kos en drank

op jou knieë jou verneder
gesmeek vir medikasie
vir siek kind
gevloek en geskel was jy

jou trane het hul laat lag
hul gespot het jou verhard
sterk gemaak vir more
wanneer son weer skyn

voor haar bedjie op vloer
het jy biddend gesmeek vir genesing
slap het jy vorentoe geval
moeg van uitputting het slaap jou oorval

sonder trane het jy gestaan
langs oop graffie afskeid geneem
van jou dierbare kind
wat niemand wou help


PM

Baie mooi Ans.  Jou skryfwerk verbeter by die dag.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

adele

pragtig Ans.
verlede naweek was daar heeltyd feesvieringe by die Vrouemonument wat vanjaar 100jr oud is. die volkspelers het die mooiste vertoning gegee... met spel, sweepslag en beesvelgooi.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie PM. Ja Adele op skool het ek ook volkspele gedoen, min geweet watse impak dit vandag op my sou he. Op skool verstaan 'n mens nie werklik alles nie, jy geniet die geskiedenis maar verstaan nie alles soos jy dit moet verstaan nie. Ek wens ek kon daardie plegtigheid bygewoon het.

Rainier

Dis so diep, heil die vroue van ons volk! Baie mooi, ek is mal oor die gedig.

Ans Botha

Dankie Rainier ek waardeer jou kommentaar.

PM

Adéle, kom vertel vir my wat is "beesvelgooi", anders sal ek oningelig bly.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

hi vriendin,
gaan kyk hierso om die foto mooi te sien, dis geneem tydens verlede jaar se junior-toer na Europa.

die beesvel is 'n saggebreide vel met lussies aan en elke neef vat 'n lus in elke hand vas, dan klim 'n kind daarop en begin die mans die vel op en af wieg ... tot hulle dit lekker aan die beweeg het en dan skiet hulle die kind die lug in. dit was 'n item tydens die voortrekkerjare se ontspanningstye... word met groot omsigtigheid gedoen en daardie kind moet ook weet hoe om te val. hy moet heeltyd sy arms om sy knieë vashou want as hy los en sy arms in die lug gooi, val hy soos 'n vrot vel met swaaiende arms en bene terug.  :icon_biggrin: 

https://www.facebook.com/photo.php?fbid=1424898984403644&set=a.1424899077736968.1073741827.1424894374404105&type=1&theater
adéle  :grommit:

PM

Baie dankie vir die inligting en sommer nog 'n foto daarby.   :icon_biggrin:  Ek lief jou matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie vir die inligting adele. Het my laat terug verlang na Oupa plaas se tye toe. Die tien seuns het hulle kinders op die plaas so vermaak daardie tyd.

Fransi

Aangrypend geskryf.

Baie interessante inligting oor die beesvel.

adele

hierdie is baie kort maar as julle deurkyk, sal julle sien hoe word die beesvelgooi gedoen.

http://www.youtube.com/watch?v=Qy_fII_y4-s

:grommit:
adéle  :grommit:

Ans Botha

Dankie Adele dit is te oulik