• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

voëltjies

Started by AB, October 16, 2013, 09:42:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

die week so paar keer my kanon saam wingerd toe gevat en paar voëls raak geskiet.



die kan dalk die geel kanarrie wees



ek het die een afgeneem toe hy opvlieg en op die rekenaar het ek gesien hoekom hy opgevlieg het.

gewone bontrokkie




kaapse glasogie




gewone bontrokkie




Dis broeityd vir die outjie en hy is erg vryerig agter een wyfie aan. As sy nader vlieg dan pronk hy so wat hy sy vere op pof en raas dan ook hard sodat sy hom kan hoor. Hy probeer sy bes om haar aandag te trek.

kaapse flap


AB

#1
nog 'n paar wat ek raak geskiet het

as ek reg is, is dit die rooibeksysie.




kaapse glasogie op reflexum blom.


PM

Pragtig AB.  Voëls is my gunsteling.  Baie dankie vir die deel.  Wanneer is daardie proteas vol in blom?

Om te weet is om te verstaan.

AB

nou wat ek begin om die voëltjies af te neem kom ek agter hoe baie is hier en hoe baie soorte is hier. Nooit so fyn opgelet nie. Ek sien die laaste 2 oggende 2 hoep hoep voëls hier rond vlieg. Hoop ek kry een of ander tyd kans om hulle mooi te kan afneem. Ek kan my eie agterent skop. Noudie dag ry ek vroeg oggend Worcester toe en langs pad in die veld is 'n seketris voël besig om 'n slag te vang en ek ry verby en neem wraggies nie 'n foto nie, is kamelaaik te haastig.

PM

'n Mens moet nooit te haastig wees vir sulke rare geleenthede nie.  Het jy 'n goeie voëlboek?  Dalk kan ek die voëls wat jy afneem se name byvoeg? 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek het 'n goeie voël boek ja maar ek is net bang dat ek sommige van die voëls verkeerd identifseer maar ok sal probeer.

PM

Ek dag jy het nie 'n bang haar op jou kop nie.   :icon_biggrin:

Dit sal gou reggestel word as jy iets verkeerd identifiseer.  Jou beste sal goed genoeg wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

AB

nee nie so bng nie net bang ek gee inligtng van voëls se name en dis verkeerd en dan seg iemand anders maar ek het dan op die internet gelees dis die of daai voël.

PM

Gaaf, dan doen ons navorsing.  Dit is soms moeilik om die voëls uit te ken.  Gelukkig is die meeste baie maklik. 
Deesdae kry 'n mens ook voëls in streke waar jy hulle nooit voorheen gesien het nie. 
Om te weet is om te verstaan.