• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Versnel jou metabolisme en detox

Started by Terry, August 16, 2013, 11:08:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Hulle se almal moet ten minste een keer 'n maand detox.  Ek het nou al hierdie resep orals gesien en glo dit werk so goed as wat almal se.

Appel en kaneel water:

3 Appels
3-5 Kaneelstokkies
2L Water
Ys.

Meng als en drink die mengsel deur die hele dag.

Dit is veronderstel om jou metabolisme te versnel en terselfdetyd jou ligaan te detox.

Fransi


PM

Dit klink nie te sleg nie.  Vertel vir my, sal die koue yswater die kaneel absorbeer of  moet 'n mens dit suig, of kou?  Ek dink aan daardie sjokelade "rietjies" wat so lekker is om te kou.  Kan ek die kaneel daarmee vervang?   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

AB

moet mens die appels versap of in stukke sny en in die water laat dryf en later eet?

Angelica

PM.... giggles.
Nee, jy kannie wil detox met tjoklit nie.  Whaaaa. Stout kind.
Dit klink wonderlik, maar wat dan van my koffie? En ek is juis so lief vir kaneel. En die appels is heerlik koel. 
Ek het ook 'n ander resep wat ek vanaf Oktober (ek moet eers moed bymekaar skraap en koffie los) gaan begin. 
Indien julle ook dit wil sien, I will gladly share.
elle

PM

Ja, kom deel asseblief. 
Vir ses maande van hierdie jaar moes ons van wegneemkosse gebruik maak.  Ek is so dik soos 'n bus en sal beslis baie gou 'n plan moet maak om van al my "love handles" ontslae te raak. 

Van koffie uitskakel wil ek niks hoor nie.  Dit het geen kaloriekies nie, want ek drink myne swart en sonder suiker.  Tog verstaan ek dat dit die metabolisme vertraag.  Hoe nou?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ok...
Detox en sommer om die toilet se handle in 'n werkende toestand te hou:

Freshpak Green Tea & added Hoodia - Laat trek so 4 sakkies in 2L water - Laat afkoel. (Hoodia is veronderstel om jou eetlus te demp... miskien vir julle, maar ek sou nie 'n goeie Boesman-vroutjie gewees het nie, dit demp nie my eetlus.)
Sny komkommer in dun snytjies - soveel as wat jy wil eet vir die dag en gooi by.
Kneus ment blaartjies en gooi in.
Ek gooi sommer nog dun skyfies suurlemoen ook by.
Verkoel in yskas en skink en drink.
(Sjjjjt, maar ek gooi versoeters in terwyl dit trek, want anners is dit bietjie sleg...he he.)
elle

PM

Waar kry 'n mens Hoodia? 

My eetgewoontes is uit by die deur!  Hierdie somer sal ek moet bakke vol slaai maak om aan te peusel.  Is juis besig om 'n springbokpastei gaar te maak en kan nie wag om die degie op te plak en in die oond te druk nie. 
Om te weet is om te verstaan.