• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My Seun

Started by Ans Botha, May 01, 2013, 12:45:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

My Seun

hoe verwese
het jy daar gestaan
met pyn deurdrenkte oë
haar aangestaar

jou liggaam
ineengetrek van skok
bewend van teleurstelling
haar aanskou

jou gesig
vertrek van pyn
met ongeloof
haar geminag

sou ek
jou graag teen my wou vasdruk
al die pyn en hartseer
myne maak





PM

Pragtig Ans.  Ek dink dit klink beter as 'n mens die twee "nie" in die eerste en laaste strofe uithaal, wat dink jy?
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dit klink beter so ja PM dit is reg so

Ans Botha

ek het dit verander en ja dit klink beter.

Angelica

Pynlik.  Baie mooi beskryf.
elle

Fransi

Vol pyn en die behoefte om te help dra, geskryf. Baie mooi.

Ans Botha

Dankie almal van julle xxxx

Rainier

Baie diep, ek wens ook ek kan al my kinders se pyn op my neem, en hulle dit spaar. 

Ans Botha

Ek dink ons doen dit. Ons besef dit net nie.

PM

Nie net ons kinders se hartseer nie, maar ook die van vriende en familie sal altyd ook ons hartseer wees.  Dit is die omgee wat die lewe so kosbaar maak. 
Om te weet is om te verstaan.