• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As ek maar net kon

Started by Ans Botha, September 16, 2013, 10:53:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

as ek maar net kon
sou ek jou pyn myne maak
jou lyding dra
elke pil vir jou sluk

as ek maar net kon
sou ek jou marteling
in my skede dra
elke pyntrek vir jou ly

as ek maar net kon
sou ek jou kromgetrekte rug
jou krampe en pyne
my lewenstyl maak

as ek maar net kon
sou ek elke spier en nekpyn
in my liggaam vaspen
tot ek ineengetrek bly lê

as ek maar net kon
sou ek vir jou nagte wakker lê
jou trane oor my wange laat rol
elke snik vir jou vang
en met liefde vervang

© ANS BOTHA

adele

pragtige gedig vol versugting.

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Dit is werklik baie mooi geskryf Ans.  Ek ervaar 'n gevoel van magteloosheid wat jy pragtig verwoord. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit is aangrypend. Wanneer ons lief het dan voel ons die ander een se pyn en wens ons dat ons dit kan wegvat of versag/verlig.

Angelica

Pragtig.
As ons maar net kon...
elle

Ans Botha

My man is voor ek hom ontmoet het op die grens in sy hand en regterbeen gewond. Daarna het hy 'n besering aan diens gehad en vier rugoperasies ondergaan, en of dit nie genoeg is nie is hy in 2005 in 'n motorongeluk en beseer sy regterarm en kry drie operasies in minder as 'n jaar in die arm, daardie arm was nog in gips toe hy hier op die plaas op die koppe val en met sy linkerarm keer en daar moet hy 'n operasie in sy regterarm ondergaan. My arme man loop op 55 jarige ouderdom so swaar soos 'n ou man van 80, en ek het elke woord in daardie gedig bedoel. As ek maar net kon.

PM

Goeiste Ans. Jou man was 'n ongeluksvogeltjie.  Ons dogter was so toe sy 'n kind was.  Ons spot altyd en seg sy het op narkose groot geword, nie moedersmelk nie.  Ek glo almal kan met jou gedig assosieer. 
Om te weet is om te verstaan.