• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koebaai

Started by PM, July 25, 2013, 05:27:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ha-ha, wanneer laas het julle daardie woord gehoor?
Hannes begin more by Grootvlei om die nuwe reaktor daar aan die brand te skop.  Daar staan ook twee transformators wat nuwe bloed moet kry.
Die proses duur ses weke, maar ons weet mos al!  Maal dit met twee. 
Die gastehuis wat ons gekry het is so 30 kilometer daarvandaan, as ek dit nou nie mis het nie.  Ek reken dit is op 'n plasie, dan kan mens dalk 'n bietjie gaan stap.  Dit is ook nie so ver van die huis af dat ons nie so nou en dan in ons eie bed kan kom slaap nie.  Gewoonlik werk Hannes en sy span naweke ook, maar soms kry hulle 'n naweek af ook. 
Die vorige keer wat ons in Grootvlei gewerk het, het ons in Heidelberg gewoon, 100km van Grootvleikragstasie af.  Daar het ek opvangs gehad. Ek hoop werklik ek het opvangs waar ons nou bespreek het, anders trek ek.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hallo, hier's ek weer.  Lekker gesels ek met myself.   :icon_biggrin:

Ons het veilig gery en het 'n pragtige plekkie gekry om in te bly.  Regtig ruim in vergelyking met wat ons altyd kry.  'n Vol kombuis met 'n  STOOF en 'n  OOND.   :hello2:  Sowaar ook 'n stort.  Ek is baie baie dankbaar.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Wow... 'n STORT!!
Nou hoef jy nie weer kaal onder die boom te stort nie.  Ek's bly, want as 'n leeu hongor is, eet hy enigiets.
elle

PM

Ha-haa en hier is so baie leeus!  'n Stort onder 'n boom is nog 'n stort.  Wanneer jy 'n skottel vol water maak en die water met 'n beker skep en dit oor jou "stort" terwyl jy met die ander hand probeer hare was, is dit seker nog steeds 'n "handaangedrewe stort". ?   :angel4:

Die plekkie is baie keurig en netjies.  Soms wen jy, soms verloor jy!  Die wonderlikste is dat ek 'n kombuis het waar ek my eie "blikkieskos" kan maak.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Geniet mater! Bly vir julle part vir die geriewe en natuurlik die stort!!

PM

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is gladnie lief vir kosmaak nie, maar regtig, wanneer 'n mens nie 'n plek het om kos te maak nie en jy is afhanklik van ander se koskeuse, smake en voorkeure, dan gaan dit nie goed met jou of jou gewig nie. 
Ek het gister Ans se soetsuur-brisket gemaak en ek kan dit aanbeveel, dit was heerlik verby!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

PM, vir iemand wat nie lief is vir kosmaak nie maak jy darem lekker kos.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas, dit sal darem heerlik wees om weer 'n kuiertjie in te kry en saam te eet.  Ek dink julle manne se kos smaak baie lekkerder
as myne.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.