Baie dankie Angelica en PM.
Geluk met jou kleinseun se verjaarsdag, PM.
Ja, hierdie keer is sy nou na Egipte toe. Sy sê dit is nie so modern soos in Doha nie, maar die skool is enorm. Dit klink asof sy darem al effens aangepas het en minder verdwaal. Die woonstelgeboue lyk blykbaar almal dieselfde. Die busse is baie goedkoop, maar die winkels is maar vuil. In Doha het die "expat" onderwysers in dieselfde gebou gebly. Waar sy nou is, is sy die enigste een van haar skool in die woonstelblok- so dit is bietjie van 'n aanpassing. Sy sê haar Arabies en die mense wat daar bly se Engels is te skraps om mekaar werklik te verstaan. Oktober gaan sy vir 'n naweek of 'n week (ek is nie seker hoe lank nie) terugkom en dan gaan ons by my boetie-hulle gaan kuier en die nuweling ontmoet. :-)
Ja, ek en my sussie het mekaar gebel met "Hallo, Tannie."