• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pap bolletjies

Started by Terry, November 11, 2013, 10:10:28 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

As jy lus is vir ietsie anders as gewone pap en sous met jou volgende braai, probeer gerus hierdie resep.

PAP BOLLETJIES
(mens kan nie net een of twee eet nie, gevaarlike goedjies hierdie!)

1 x koppie koue slap pap. (Gaar, moet koud wees en lekker slap)
1 x koppie meel.
1 x koppie kaas.
1 x teelepel bakpoeier.
1 x teelepel sout.
1 x eier.

Meng alles saam en skep lepels vol in warm olie. Strooi Aromat oor of sny oop en sit Marmite/Bovril in...wees net uiters versigtig, mens is geneig om die hele bak op een slag te wil opeet!

PM

Waar het jy hierdie resep weggesteek Terry?  Dit lyk en klink heerlik!  Dankie vir die plasing.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.