• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wag...

Started by Angelica, August 10, 2013, 09:15:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Onverhoeds
soek ek in die swart van die nag
na die sag in jou oë
vir die kraak van jou stem
hou ek my asem op
vir ouhout wat breek
as jy my naam fluister
betrap ek frekwensies
van jou hart se sê
in die wyer as wyd van die nag
Jy is my laatnag
my ligdag
rondom my waar ek wag...
in die lig van die maan
wat slank deur die gordyne
oor my val
en my verbeel

en my verbeel...

©Elsabè
elle

Naas

Dis uitsonderlike verbeel/verlang in woord geklee.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

elle

PM

Ek lief dit Ella.  Dit is so mooi geskryf.  "ouhout wat breek" ek hoor die geluid en sien die beelde duidelik.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Louis

pragtig!!
jou 'muse' is nogal aan die gang!

Angelica

Dankie PM en Lewies...
My muse het net 'n vliegspatseltjie gelos en is weer vort.  Tsk.
elle

PM

Soos ek gesê het, ek hoop julle spaar solank vir boek drie.  Dit lê net voor die deur. 
Om te weet is om te verstaan.