met ’n wye glimlag trots en sterk het hy gewerk
tot die son vir laas die weste-vlaktes verf
sy hande grofgegrein herinner aan die hout
wat hy geduldig gevorm en met skaaf vernuwe het
tussen droë stoppels bas en verbleikte oregon pine
het menig kunswerk hul beste pootjie voorgestoot
met houtreuk omgewe het hy laatskemer
gelukkig en geseënd die stofhemp uitgetrek
en in die witstinkhout se skaduwees ontspan
nou smag sy liggaam na rus en wye vrede
die tyd van kragtig werk in onlangse verlede
sy sterke hande vryf nog stofdruppels weg
maar die tyd vir nog ’n sleeper-kamerstel
word tot driemaal die outyd uitgerek
en sy hartewens vir ’n kunswerk enig syne
sal saam met hom ’n ewigrus in swewe
sy voete koud en sy hartklop stadig
oor sy kneukels dun die vel babasag versigtig
maar sy oë blink in hoopvolle glinstering
wanneer sewe Engele om hom psalmsing
saam noot sy stem al haak dit vas
in die skurwe klank waar sy keel grof kraak
sy voete trap stadig om ’n duiseligval te keer
waar die wit blomklokkies tussen die tuinklippe lui
dan sing ons heel ons loflied tot Sy Eer
want krag na kruis vir elke dag skep ons weer
uit die Kruik vol liefde daar langs die môrester