• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tyd?

Started by Naas, August 31, 2018, 03:45:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Eergister gebore, gister getroud, vandag besig, more as.
My drie weke fakhansie het 'n halfuur terug begin en more is die laaste Vrydag.
Ek verstaan dit net nie. Deur die kwartaal vat dit maande om 'n week klaar te maak maar wanneer jy fakhansie het vlieg die tyd in 'n jet. Om die tyd te probeer rek het ek slaaploosheid probeer maar raai net waar gaan draai daai verveligheid? Natuurlik by die werk.
On alles te kroon kan ek nie eers uitsien na aftrede nie. My finansiele adviseer het my net laas week geadviseer dat ek op hierdie stadium ten minste vier jaar, dertien maande en sewe honderd dae na my dood nog sal moet werk om al my skuld af te werk.
Kan jy dit oorvertel aan mense wat jy nie ken nie.
Ek borsvoed sommer 'n paar wees krokkedilletjies.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Simpatie mater. Dit is 'n  :pottytrain5: situasie sniksniksnik.

Anton Louw

In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien!
Kamp is koning!

PM

Nou is jy permanent met fak-ansie.  Is jy nou tevrede?   :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.