Author Topic: Vir Rentia  (Read 4378 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vir Rentia
« on: August 08, 2013, 04:04:05 PM »
.... vir jou, ’n woordjie
van onthou, my kind
in my hart het jy vir my
’n mamma-strik gebind,
deel van my eie geword
deur jou glimlag en liefde
vir my en my kind
met jou lewenslus oorrompel

in jou tienerfleur
het ’n Engel jou opgetel
en na ons Vader se Ewige Woning gedra
dit is Sy Wil
ek ‘hoekom’nie, maar
begeer om my seun se las
op ’n manier te kon help dra

… nou gaan ‘ons mis haar’
deel van my lewe wees,
soms gaan jou mooi oë my groet
of dalk jou glimlag my nooi
om te wonder wat sou word,
maar in jou eie plekkie in my hart
steek ek ’n kosbare spierwit
herinneringskers aan …

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Vir Rentia
« Reply #1 on: August 09, 2013, 05:51:32 AM »
Dit is so gevoelvol geskryf Adéle.  Koue rillings!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vir Rentia
« Reply #2 on: August 10, 2013, 08:20:35 AM »
Hoe verwoord jy sulke seer?
Jy doen dit uitstekend. 
Ons kan net vashou aan die prente van geliefdes wat ons oorhou in gedagtes.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vir Rentia
« Reply #3 on: August 10, 2013, 07:59:50 PM »
verskeurde hart

eensaam aan ‘n doringboom
op grasveld vaal en wit
hang my verlange …
soos ’n wildsbokkie geslag
die ribbetjies oopgespalk
in die dorre wind te droog
 
daarlangs ook die rugstringe
in sout-asyn geweek
so brand dit in my wonde
tot swart die pyngolwe
my lyf in lanfer doop
 
ek kry nie asem nie
en gryp in waansin
na ’n strompelwoord
’n kreet om met aardse rou
my verskeurde hart se pyn
deur my droë lippe
uit te stoot

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vir Rentia
« Reply #4 on: August 10, 2013, 08:15:57 PM »
Vir die eerste keer in maande het my wildevytak hier gewankel. Die duiwe het geswyg; die mossies het getrek; die rooivlerkspreeus het met hul koppies skeefgedraai en my net aangekyk.
Die rots waarin die boom vasgeanker staan, het geweier om te kraak, maar die sonlig wat die klip gewoonlik warm bak, was dof en skraal.

Hierdie jaar sal ek nog lank onthou, neergeskryf in geloofstof maar dofgewaai met hartseerpoeier van onsekerheid en vrees en tsunamiese ongeloof van verlies.

In die tyd wat my mammie ons verlaat het, is nog vriende in die sorg-tehuis oorlede. In die afgelope drie weke is ons buurtannie, vyf kollegas, 'n kind van 'n kollega, my skoonsus se pappie van ons weggeneem... en vanoggend is my jongste se geliefde meisie begrawe. Sy was in 'n motorongeluk [hulle sou later vanjaar verloof geraak het] My kind se hartswense is versplinter, sy oe' is dof en sy stem stil. Sy was reeds in my hart ook my dogter. Ek huil saam met hom sonder snikke ... ons ronde trane stort oor die damwal van ons emosies. Sy was ook 4 maande swanger.

Ek kan my nie indink in haar ouers se rou smart nie ... sien net my kind wat soekend hier om my ronddwaal en ek klou vas aan 'n Soom van Christus se Kleed.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Vir Rentia
« Reply #5 on: August 11, 2013, 05:38:36 AM »
Hierdie gedig spreek met volume!  Dit is uitstekend bewoord Adéle.   :notworthy:

Onlangs het ek 'n opmerking gemaak van "dit lyk my dit is oestyd", want voorwaar, net waar jy kom hoor jy dieselfde storie.  My hart gaan uit na jou en jou kind en Rentia se familie, al wat ek kan sê is ek hang ook 'n omgeebersie oor julle skouers. 
Om te weet is om te verstaan.