• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

VAKANSIEKOS

Started by adele, December 06, 2017, 05:33:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

VAKANSIEKOS                     

250g macaroni
30ml sonneblomolie
1 middelslag-ui, geskil en gekap
1 pak (250g) spekvleis, swoerd afgesny en gesnipper
1 blik (510g) weense worsies
1 blik (410g) tamatiepuree
1 blikkie (170g) onversoete, ingedampte melk
2ml kerriepoeier
2ml paprika
50-100g (125-250ml) gerasperde Chedder-kaas
1ml braaivleisspeserye
Aromat/Fonder na smaak

Kook die macaroni in soutwater tot sag en dreineer.
Sprinkel 'n paar druppels van die sonneblomolie oor die macaroni en meng sodat hulle nie aanmekaar kleef nie.
Hou eenkant tot benodig.

Soteer die ui in die oorblywende olie tot sag.
Voeg die spekvleis by en roerbraai 'n rukkie oor matige hitte.
Dreineer die worsies en hou die sous.
Sny die worsies in skyfies en voeg by die uiemengsel en meng liggies.
Meng die worsiesous, tamatiepuree, ingedampte melk, kerriepoeier, paprika, braaivleisspeserye en Aromat/Fondor.
Voeg dit by die uiemengsel en prut ongeveer 5 minute lank.

Voeg die macaroni by en meng liggies.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde, oondvaste bak en strooi kaas oor.
Plaas dit vir 'n rukkie in 'n baie warm oond totdat die kaas gesmelt het en begin verbruin. Sit warm voor met ertjies en tamatieslaai.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Mensig, kan jy my stêre sien?  Gelukkig is dit vakansiekos.  Dankie matertjie.
Om te weet is om te verstaan.