CJ Langenhoven se Loeloeraai
Ek is besig om CJ Langenhoven se Loeloeraai, wat vir die eerste keer in 1923 gepubliseer is, weer te lees. Ek was om en by 15 toe ek dit vir die eerste keer gelees het. Die was nog voor oom "Sterkarm" en sy bende op die maan geland het. Voor TV en selfone. Voor die rekenaar soos ons dit ken, voor my ouers se geboortes. Dit was donkiejare gelede, toe Langenhoven se verbeelding hoogty gevier het.
Toe ek die boek vir die eerste keer gelees het, het dit nie die impak op my gemaak wat dit nou het nie, want toe was 'n vlug maan toe nog net 'n droom en selfone 'n vlug van die verbeelding. Afrikaans was nog 'n nuwe taal, "vars uit die oond uit" en ek verstom my aan die groei van ons mooi taal deur die afgelope jare.
Ek is nou daar waar Loeloeraai sy gasheer gerusstel dat hy wel kommunnikasie sal hê met sy redakteur, terwyl hy oppad maan toe en terug sal wees:
“Daar is geen stuk moeilikheid nie,” sê Loeloeraai. “Ek is nog gedurig in verbinding met Venus, wat ’n hele entjie verder is. Ek sal jou ’n draadlose telefooninstrumentjie gee om aan jou koerantmense te stuur. Dan dikteer jy maar week vir week jou artikels. En hulle sal sommer kan teruggesels ook, as jy nuuskierig is om van tyd tot tyd te verneem hoe die mense hier op die aarde sonder jou teenwoordigheid klaarkom.”
“Loeloeraai,” sê ek, “dit sal gaan. Al moet my lesers dan in die tussentyd verlief neem dat my spelling verknoei word.
Ek is seker daarvan dat ek nog sulke brokkies sal kom deel.
Intussen kan julle saam lees as julle lus het, hier is die skakel. Deel gerus dit wat vir julle interessant is.
http://mieliestronk.com/loeloeraai.html