Author Topic: Twintig, twintig  (Read 19777 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Twintig, twintig
« on: July 28, 2011, 09:58:56 PM »
Twintig twintig.
Nee, nie die visie nie. Dit het die suiker lankal van my gesteel. (hulle maak hoeka nie meer die leesbrille soos voorheen nie. Nou die dag toe ek ‘n nuwe een wil koop werk die nommer een nie meer so lekker nie. Toe moet ek ‘n twee koop.)

Ek praat van twintig twintig, die jaar.

My testament het twee baie duidelike opdragte:
1   As ek gaan moet hulle my pajamas aantrek en nog een nag in my bed laat slaap. As die buurman se hond my nie die volgende oggend vyfuur wakker geraas kry nie kan hulle my maar veras, want dan is ek nie meer nie. Die hond moet egter ‘n laaste kans kry.
2   My as moet dan op die winkelsentrum se dak gestrooi word. So sal ek darem seker wees die familie kom besoek my ten minste een keer ‘n maand.

As ek nou teen twintig twintig nog nie by die winkelsentrum rondle nie sal ek sekerlik nie meer met die buurman se hond hoef te baklei nie. Hy gaan na ‘n ander bejaarde huis toe.
My finansies is nou nie van so ‘n aard dat ek dalk ‘n kans het om my lewe te geniet voor daai tyd nie. Ek moet erken dat ek al die Lotto probeer het maar ek het agtergekom dat ek ‘n beter kans het om swanger te raak as om daai wereldbeker te wen.
So wat nou?
Ek is op soek na ‘n stewige tweedehandse kierie wat nog nie baie myle op het nie. Daarmee kan ek darem nog al ratelende agter die mooi verpleegsters aanskuifel.
Dan soek ek ook ‘n goedkoop tweedehandse GPS. Dit moet toegerus wees met Karin Zoid se stem. Dis nou sodat ek my pad terug na my bed kan kry as die verpleegsters vir my weghardloop.

Ek het gister met ‘n slag besef dat ek moet begin beplan vir die jare na die Afrika sokkerbeker. Aangesien ek geen hoop het om uit my huidige spiraal te kom nie wil ek darem seker maak ek het alles wat ek gaan nodig kry vir die bejaarde huis. Teen die huidige inflasie gaan die prys van loopstokke so vinnig op dat ek maar vroegtydig wil begin bymekaar maak.
Ek sal aan die einde van volgende maand weer kom vra vir goed soos oumensdoeke en goedkoop tweedehanse valstande.
Laat weet asb dringend indien u van die items beskikbaar het. Met die spoed van die huidige posstelsel weet mens nooit hoe lank dit gaan neem voor ek dit ontvang nie. Ek wil nou nie he dat die laat aflewering dalk my boedel se afhandeling vertraag nie. 



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Twintig, twintig
« Reply #1 on: July 29, 2011, 12:35:57 AM »
Jou lyne bring sonnige strale tot diep hier in my koue-deurtrekte-gebeendere Naas  :love7: Ons eerste kierie die staan hoeka net so skuins agter my  :evil6:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #2 on: July 29, 2011, 05:52:09 AM »
Dit het ook 'n warm gloedjie  (nee man,  nie een van daai nie) deur my koue lyf gestuur.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Twintig, twintig
« Reply #3 on: July 29, 2011, 11:39:48 AM »
Julle moet maar geduldig wees met die poskantoor. Ek hoor uit 'n betroubare bron hulle het Paulus se eerste brief aan die Korintiers eers gister afgelewer.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #4 on: July 29, 2011, 12:33:36 PM »
Regtig?  Shoe,  hulle is pateties!   :toothy4:   :munky2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Twintig, twintig
« Reply #5 on: May 08, 2016, 02:07:58 AM »
En so op die Moedersdag het ek gewonder waar gaan die gereelde  'oor die skouerlees van ons gaste' my neem? Soos julle kan sien ...
ek was hier...  :notworthy: :hello2: :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #6 on: June 25, 2016, 08:18:44 AM »
Ek verstaan die tweede brief is by die verkeerde adres afgelewer.  Kan julle raai waar?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #7 on: July 05, 2016, 02:50:16 PM »
Op Nkantla??


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #8 on: July 18, 2016, 03:23:22 PM »
As dit in Egipte is het jy reg geraai. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #9 on: November 06, 2021, 10:13:46 PM »
Ek lees die en besef Oom Naas sal sy testament moet verander. Met die afleweringsdienste gaan mense al minder die wandelgange van Sodom en Cremora besoek.

 :mumum:
« Last Edit: November 08, 2021, 08:09:07 AM by Naas »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Twintig, twintig
« Reply #10 on: November 07, 2021, 03:58:22 AM »
Naas, dit is al 2021, jy het nog nie op daai dak beland nie.   :hello2:   


My ma het altyd gesê sy sal (iemand wat stadig is) stuur om haar dood te gaan haal, want dit sal baie lank duur.
Om te weet is om te verstaan.