• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

trane skeur dan middeldeur

Started by adele, July 22, 2013, 07:33:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Kaïn se trane
het sy woede uitgespel
Egipte se trane
het onverstaanbaar gekners
Petrus se trane
was oorvol van berou
Jesus se trane
het ons van smart geleer
Maria Magdalena se trane
het vreugdevol gejuig
oor haar Here
se groet in die tuin
my trane is rond
wie kan dit keer
wie kan hul optel
soos eiers uit 'n nes?
raak jy aan een
skeur hy middeldeur
maar hulle is onskuldig soos
'n reënboog in 'n sonligstraal
met elke snikkend traan
uit my diepste seer
reinig ek my hart se binnekant
met elke traan
uit jou pyndonker oë
was ek ons hande
wat smekend soek
om Sy Kleed se soom te raak

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Dit is werklik 'n baie  mooi gedig Adéle. 

"wat smekend soek
om Sy Kleed se soom te raak"
  is dit vir genesing?
Om te weet is om te verstaan.

adele

ja, lief vriendin ... kanker het ons lewenspad gekruis ...
slegs 'n Hemelse wonderwerk indien Hy so besluit, sal dit omkeer.
omdat dit ver gevorderd is, word geen operasie oorweeg nie ... slegs chemo as die Onkologie kliniek se drs so sal besluit.

dis my tweede stryd binne 6 jaar .. maar ek sukkel om tot aanvaarding te kom want hierdie keer is liefde 100 keer meer betrokke as die vorige keer ... MAAR
ek ervaar Christus se genade ook 1000 keer meer!

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Ai lief vriendin, ons kan net hoop dat julle daardie kleed kan aanraak.  Mag julle knus in Sy genade wees.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

adele. Wat kan ek sê? Die lewe kan soms so onregverdig wees. Ek sal jou in my gebede onthou. Moet net nie moed verloor nie.

adele

dankie baaaie Ans ... hierdie is maar net nog 'n klip op my lewens-sypaadjie
ek het al soveel uit die pad geskop, soms na ek eers geval het ... die opstaan is soms makliker, soms nie.
dat ek soek vir 'n wegkruipplekkie om my te gaan leeghuil is waar, maar dis maar sommer omdat ek lus het om te huil, nie oor moedverloor nie want Christus is heeltyd by my en in my... en vriende soos julle! is gestuur.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

As ons daar kan wees om vir mekaar 'n mou te hou vir trane en einas, is ons oorvloedig geseën met liefde en omgee. 

Om te weet is om te verstaan.