Author Topic: sonder titel - dalk verset? Rebellie?  (Read 2498 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« on: April 04, 2013, 06:08:01 PM »
ek kook 'n ander vrou se dis
verwronge resep om verandering
als netjies en ordelik
geboks, getel, benoem -
Salomo se deugsaamste

voor die son sy oog kan knip
teël ons al vloere
met liefde en goedbedoel,
bêre dit wat aanstoot gee
netjies in laai en kas

nederigheid en eer jou meerdere
verf malse kleure oor my dag
dit skreeu ten hemele
ek braak rebellie
vanuit my boksiekot
strooi mildelik selfjammerte
oor my brose binneste

ek skaam my vir myself,
onmag en selfverwyt-
gun hul bietjie selfrespek
gun hul gevoel van waarde hê
'n voorreg om hul te kan help,
o God
is tog wat U wet vir ons sê

nog 'n slag my tong vasbyt,
nog 'n keer die minste wees,
nog 'n glimlag, 'n versteekte traan,
nog 'n oorlog afgeweer!
« Last Edit: April 05, 2013, 03:37:40 PM by PM »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« Reply #1 on: April 04, 2013, 11:35:06 PM »
Seerseermooi Gawes en ek dink hierdie situasie wat jy so gevoelvol tussen die lyne vasgevang het, kan as instruksie vir baie ander uitgebreide gesinne dien.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« Reply #2 on: April 05, 2013, 03:41:58 PM »
Pragtig geskryf Gawie.  Ek kon sien die emosies het mooi oorgeloop toe jy hierdie gedig geskryf het.  Jy wat so graag "steek" het die es in versteekte uitgelaat, maar ek het dit mooi terug gesit vir jou.   :icon_biggrin:

Het jy al besluit op die titel?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« Reply #3 on: May 16, 2013, 08:23:17 AM »
Hierdie gedig soek nog na 'n titel.  Enige voorstelle? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« Reply #4 on: May 16, 2013, 06:35:59 PM »
Hierdie gedig verskyn NIE in die boek nie asb.  Eintlik moes hy nooit die lig gesien het nie. Laat hy maar naamloos bly.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: sonder titel - dalk verset? Rebellie?
« Reply #5 on: May 17, 2013, 01:44:55 PM »
Ek is bly ek het die regte besluit geneem, ek het dit nie in nie.  As ek die gedig uit "'n ander oogpunt" lees, wat nie persoonlik is nie, dan sou ek dit "Selfbeheersing" noem.  Daar vibreer baie meer tussen die lyne as wat die blote oog kan sien. 
Om te weet is om te verstaan.