• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys Afrika-kind, adieu

Started by Marius, June 27, 2013, 12:18:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Afrika-kind, adieu

Hy is weg,
hy is weg,
fluister die wind.
Ja ons weet,
ja ons weet
roep 'n uil oor die Afrika-kind.
Laasnag,
laastenag,
toe die heldermaan skyn.
Laasnag,
laastenag,
het sy asem gekwyn.
Weet hulle al?
Weet hulle al
van hulle vader se val?
Vra 'n raaf
wat die feite wil staaf.
Vanaand op die nuus
op die nuus,
sĂȘ die geheim met sy donkere nuus.
Dan sal die gerug ophou loop,
ophou loop.
Vanaand sal almal weet
en ophou met hoop.
Stil broers...
'n ikoon gaan verby.
Die rou het begin
vir jou en vir my,
oor die Afrika-kind,
sy tyd is verby,
en tog leef sy bewind.
Hamba khale Tata,
ons hoor jou stem in die wind.

Kopiereg Marius Buys

PM

Pragtig geskryf Marius.   :icon_salut:  Ons het die nuus uit NZ ontvang dat Madiba oorlede is, maar BBC news hou vol dat dit nog het einde is niet. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

Fransi


Ah Willa

Hier het ek kom lees en sonder woorde beweeg ek in groot waardeering en bewondering voort
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w