• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vandag is die dag!

Started by PM, June 21, 2013, 08:36:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

"Summer solstice"

Vandag is die dag wat die kortste dag is en van more af word die dae weer langer en die nagte korter.   :hello2:
Toe ons kinders was het die "Augustuswinde" die winter weggewaai en die somer gebring.  Die laaste paar jaar het die winde al in Julie begin waai en vanoggend toe ek wakker word, sien ek hier is daai wind.  Iemand het die hek oopgelos!  Ek kla nie, hoe gouer die somer kom hoe beter!
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Dankie tog!    :icon_cheers:

Ek was my hele lewe nog lief vir die winter, maar net tot ek in Centurion kom bly het.  Nou sit ek elke dag hier voor my rekenaar, warm aangetrek, 1cm van 'n gloeiende verwarmer af (been al sleg gebrand omdat ek te naby sit), kombers oor die skouers, handskoene aan die hande en 'n warmwatersak op die bene.  En toe wens ek iemand wil net met 'n idee opkom hoe om tot jou gesig warm te maak.

Somer, jy is baie welkom om terug te kom!

Fransi

Jip Yule, 'n dag wat soos Kersfees is en oor nuwe beginne en hergeboorte gaan. Ek gaan vandag 'n ornament maak vir ons suurlemoenboom en liefies epos na my familie. :-)
Ek lief die wind ook. Dit is fantasties om buite te kan staan en saam met die wind te "speel".

Terry, ek het juis gisteraand gedink dat wanneer jy slaap, jy maar jou kop onder die kombers moet indruk. :-)

AB

ja ek wag ook die somer in, maar moet eers die wingerd snoei.

PM

Jy laat dit soos 'n roostuin klink AB.  Hoeveel werkers en hoe lank neem dit?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

 Jinne julle, dis koud as dit koud is.  Hoe leef die mense heeldag in die ys en yshuisies??  En dan eet hulle net robbevet.

Somer   :toothy4:  al die pad vir my.  Maar al kom die son van vandag af terug ondertoe, moet ons nog bitter lank wag vir haar.  Nog maaaaande. 
Sal ek dit maak hierdie jaar?   :dontknow:
elle

PM

Ek weet al van 'n paar brawes wat mal is oor die winter, wat dink dit is darem te erg. 
Dankbaarheid strek nou tot by die naaste verwarmer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.