`n Skouspel deur wasige vensterglas
waar nostalgie naby lê
verskans met landskap taal kultuur
jou foto vergesig
laat liefdesbande leemtes
met mooi herinneringe opsoek
soveel weergalose panoramas
laat nou dansende marionette doelloos
in die nanag rondhang
kosbare ure wil wegdros
in heimweë van ruimtes
deur wêrelde verlang
dit laat sonstrale wegsink
in alleenheid verdoof
die geurigheid van kosbare teedrinktye
met onthoustories beloon
hoor jy die voetstappe in ons spore saamklink
waar ons lande saam kon verken
en begroot
sien jy die kwynende wisselkoers
ons kanse verberg
tog kom hoop verlange vul
wêrelde nie liefde verkul
net moontlikhede
met komposhoop blom
die voorreg van saamwees
jou stem in waardering
maar net in `n enkele gedig refrein
kom my wasige venster blinkgepoets
met liefde omgee tevrede
deur tegnologie vergoed