• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Eros Appokalipsis

Started by Marius, June 10, 2013, 04:17:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Eros Appokalipsis

Jy, my,
eg, erg gekompliseerd,
tot raserny drywend,
atoomsampioenwolkblom ,
rukwindgolf deur my beton,
druk my geigerteller in die rooi, my nooi,
terwyl ek,
reaktor nommer vier gek,
met atome buite beheer,
natuurtoe wil terugkeer,
Chernobil jy binne my,
te laat vir hazmatpak aankry,
jy't my klaar bestraal,
jou radiasie fataal,
rus in vrede,
my alleenloper verlede!